Karelsuniversiteit

Die Karelsuniversiteit, ook bekend as Karelsuniversiteit in Praag (Tsjeggies: Univerzita Karlova; Latyn: Universitas Carolina; Duits: Karls-Universität) of histories as die Universiteit van Praag (Latyn: Universitas Pragensis), is die oudste en grootste universiteit in die Tsjeggiese Republiek. Dit is in 1348 gestig en was die eerste universiteit in Sentraal-Europa. Dit is een van die oudste universiteite wat deurlopend operasioneel was vanaf sy stigting oftewel waarvan die aktiwiteite nooit gestaak is nie. Vandag bestaan die universiteit uit sewentien fakulteite wat geleë is in Praag, Hradec Králové en Plzeň. Die universiteit se akademiese uitgewers-huis is Karolinum Press. Die universiteit bedryf ook verskeie museums en twee botaniese tuine. Die universiteit se seël bevat sy beskermheer Keiser Karel IV, met sy wapen as Koning van die Romeine en Koning van Boheme wat voor Sint Wenceslaus, die beskermheilige van Boheme, kniel. Om dit is die inskrywing Sigillum Universitatis Scolarium Studii Pragensis (Afrikaans: Seël van die Praag akademie).


Developed by StudentB